Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » versoet
versoet [boodskap #140830] Sa, 14 Januarie 2023 21:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
versoet
Afbreking: ver•soet
Samestelling: ver- + soet


Werkwoord: versoet
Verlede tyd: het versoet

Betekenis:
• Om iets wat bitter is soeter te maak.
• (figuurlik) Om iets meer aangenaam te maak.

Gebruik:
• Jy kan die room met 'n bietjie heuning of suiker versoet.
• 'n Paar ekstra voordele is ingegooi om die transaksie te versoet.

Sinoniem:
• veraangenaam
• versuiker

Afgelei:
• versoeter
• versoeting

Vertaling:
Engels: to sweeten
Nederlands: verzoeten


Byvoeglike naamwoord: versoet
Attributief: versoete

Betekenis:
• Wat soeter gemaak is.

Gebruik:
• Sy drink kunsmatig versoete rooibostee.

Antoniem:
• onversoet

Vertaling:
Engels: sweetend
Nederlands: verzoet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stormloop
Volgende onderwerp: Ysland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:58:45 MGT 2024