Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uittrek
uittrek [boodskap #140811] Ma, 09 Januarie 2023 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uittrek
Afbreking: uit•trek
Samestelling: uit + trek


Werkwoord: trek uit, uittrek
Verlede tyd: het uitgetrek

Betekenis:
• Om klere van die liggaam te verwyder.
• Om iets uit iets anders te trek.
• Om weg te gaan; 'n plek te verlaat; te verhuis.

Gebruik:
• Sy trek haar trui uit.
• Die tandarts moet die tand maar uittrek.
• Hulle het die naweek al uit die woonstel uitgetrek.

Spreekwoord:
• Jou baadjie vir 'n ander uittrek. [Baie goedhartig wees.]
• Iemand kaal uittrek. [Iemand beroof van alles wat hy het.]
• Sy kan haar hare uittrek van spyt. [Bitter, baie spyt wees.]
• Hy sal sy broek uittrek vir iemand. [Hy is baie goedhartig.]
• Iemand se stertvere/slagpenne uittrek. [Iemand magteloos maak.]
• Jy moet jou baadjie uittrek. [Jy moet hard werk; klaarmaak om te baklei.]
• Jou vir 'n ander uittrek. [Alles vir iemand anders opoffer; uiters vrygewig teenoor hom wees.]
• Moenie jou uittrek voor jy gaan slaap nie. [Moenie jou kinders alles laat erf voordat jy doodgaan nie.]

Antoniem:
• aantrek
• intrek

Afgelei:
• uittrekbaar
• uittrekker
• uittrekking
• uittreksel

Vertaling:
Engels: to take off, undress; to pull out, draw out; to move out
Nederlands: uittrekken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eersteklas
Volgende onderwerp: langbroek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:58:30 MGT 2024