Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eersteklas
eersteklas [boodskap #140810] Ma, 09 Januarie 2023 18:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eersteklas
Afbreking: eer•ste•klas
Samestelling: eerste + klas


Byvoeglike naamwoord: eersteklas
Attributief: eersteklas

Betekenis:
• Baie goed.
• Van die beste kwaliteit.

Gebruik:
• Dit gaan eersteklas met my. Hoe gaan dit met jou?
• Die kos was eersteklas. Dit is 'n eersteklas vertoning.

Sinoniem:
• bak
• bogemiddeld
• buitengewoon
• prima
• puik
• skitterend
• uitmuntend
• uitstekend
• voortreflik

Vertaling:
Engels: super, first-rate
Nederlands: eersteklas


Selfstandige naamwoord: eersteklas
Meervoud: eersteklasse

Betekenis:
• Die beste en duurste klas (van 'n trein, vliegtuig, ens.)

Gebruik:
• Ons het in eersteklas gevlieg.

Afgelei:
• eersteklaskaartjie

Verwant:
• tweedeklas
• derdeklas

Vertaling:
Engels: first-class
Nederlands: eersteklas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wassery
Volgende onderwerp: uittrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 03:58:17 MGT 2024