Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knoophakie
knoophakie [boodskap #140802] So, 08 Januarie 2023 02:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Knoophakies.
Knoophakies.
knoophakie
Afbreking: knoop•ha•kie
Samestelling: knoop + hakie


Selfstandige naamwoord: knoophaak
Meervoud: knoophake
Verkleinwoord: knoophakie
Meervoud van verkleining: knoophakies

Betekenis:
• (naaldwerk) Haak om garing deur 'n knoop se gaatjies te trek.
• (histories) Haak om 'n knoop deur 'n knoopsgat te trek.

Gebruik:
• Die gaatjies is piepklein, 'n mens sal nooit die garing daardeur kry sonder 'n knoophakie nie.
• Die leerskoene word saam met 'n knoophakie verkoop.

Vertaling:
Engels: buttonhook
Nederlands: knoophaakje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: berus
Volgende onderwerp: blokraaisel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 02:51:16 MGT 2024