Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herverkiesing
herverkiesing [boodskap #140778] Ma, 02 Januarie 2023 18:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herverkiesing
Afbreking: her•ver•kie•sing
Samestelling: herverkies + -ing, her- + verkiesing


Selfstandige naamwoord: herverkiesing
Meervoud: herverkiesings, herverkiesinge
Verkleinwoord: herverkiesinkie
Meervoud van verkleining: herverkiesinkies

Betekenis:
• Die verkiesing van 'n persoon in dieselfde funksie wat hy/sy vantevore beklee het.
• 'n Verkiesing wat herhaal/oorgedoen word.

Gebruik:
• Die bondskanselier van Duitsland, Angela Merkel, het nie vir herverkiesing gestaan nie.
• As gevolg van die onreëlmatighede is 'n herverkiesing uitgeroep.

Sinoniem:
• herkiesing

Vertaling:
Engels: reelection
Nederlands: herverkiezing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: alchemie
Volgende onderwerp: leërskare
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 02:37:56 MGT 2024