Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bewoner
bewoner [boodskap #140612] Sa, 26 November 2022 12:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewoner
Afbreking: be•wo•ner
Samestelling: bewoon + -er


Selfstandige naamwoord: bewoner
Meervoud: bewoners
Verkleinwoord: bewonertjie
Meervoud van verkleining: bewonertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat op 'n bepaalde plek woon.

Gebruik:
• Die Kaapse bobbejaan is 'n bewoner van rotsagtige bergklowe en steil berghellings.
• Ons is bewoners van die aarde.

Sinoniem:
• inwoner
• nedersetter
• okkupant

Hiponiem:
• aardbewoner
• bergbewoner
• boombewoner
• bosbewoner
• dalbewoner
• diepseebewoner
• dorpsbewoner
• eilandbewoner
• erfbewoner
• ghettobewoner
• grensbewoner
• grondbewoner
• hemelbewoner
• huisbewoner
• hutbewoner
• kampbewoner
• kasteelbewoner
• kleinhoewebewoner
• kloosterbewoner
• krotbewoner
• kusbewoner
• landbewoner
• lugbewoner
• maanbewoner
• marsbewoner
• oewerbewoner
• paalbewoner
• plaasbewoner
• seebewoner
• slotbewoner
• spelonkbewoner
• stadsbewoner
• steppebewoner
• strandbewoner
• voorstadbewoner
• waterbewoner
• wêreldbewoner
• woestynbewoner
• woonstelbewoner
• woudbewoner

Vertaling:
Engels: inhabitant, occupant, resident
Nederlands: bewoner

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boswerker
Volgende onderwerp: kerkkoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:39:21 MGT 2024