Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sleur
sleur [boodskap #140518] So, 30 Oktober 2022 09:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sleur
Afbreking: sleur


Werkwoord: sleur
Verlede tyd: het gesleur

Betekenis:
• Om moeisaam of gewelddadig mee te sleep.

Gebruik:
• Die water sleur die motor oor die brug.

Sinoniem:
• sleep
• voortsleep

Afgelei:
• meesleur
• saamsleur
• wegsleur

Vertaling:
Engels: to pull, drag, tow
Nederlands: sleuren


Selfstandige naamwoord: sleur
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Handelwyse uit gewoonte.

Gebruik:
• Die daaglikse sleur wat hy so haat word die belangrikste deel van sy lewe en hy veg verbete om dit te behou.

Sinoniem:
• roetine
• slentergang

Afgelei:
• sleurgang
• sleurgebed
• sleurgeloof
• sleurkrag
• sleurplooi
• sleurstaking
• sleurtake
• sleurwerk

Vertaling:
Engels: routine, rut, groove
Nederlands: sleur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sleurwerk
Volgende onderwerp: walgwors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:40:08 MGT 2024