Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » getuie
getuie [boodskap #140509] Vr, 28 Oktober 2022 14:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
getuie
Afbreking: ge•tui•e


Selfstandige naamwoord: getuie
Meervoud: getuies
Verkleinwoord: getuietjie
Meervoud van verkleining: getuietjies

Betekenis:
• Persoon wat 'n misdaad of ongeluk gesien het en daaroor kan vertel.
• Persoon wat in 'n hof vertel wat hy waargeneem of meegemaak het.
• Waarnemer by die ondertekening van 'n amptelike dokument.

Gebruik:
• Volgens 'n getuie het die rowers in 'n rooi maserati weggejaag.
• Die advokaat het die getuie deeglik ondervra.
• Die kontrak moet deur 'n getuie medeonderteken word.

Sinoniem:
• kyker
• omstander
• ondertekenaar
• toeskouer
• waarnemer

Hiponiem:
• bloedgetuie
• doopgetuie
• hoofgetuie
• geloofsgetuie
• koningsgetuie
• kroongetuie
• medegetuie
• doopgetuie
• ooggetuie
• oorgetuie
• staatsgetuie

Afgelei:
• getuie-eed
• getuiebank
• getuiehokkie
• getuieverhoor
• getuieverklaring

Afkorting:
• get.

Verwant:
• getuig
• getuienis

Vertaling:
Engels: witness
Nederlands: getuige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agterbeen
Volgende onderwerp: vergader
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 05:41:23 MGT 2024