Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koopbewys
koopbewys [boodskap #140437] Vr, 14 Oktober 2022 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koopbewys
Afbreking: koop•be•wys
Samestelling: koop + bewys


Selfstandige naamwoord: koopbewys
Meervoud: koopbewyse
Verkleinwoord: koopbewysie
Meervoud van verkleining: koopbewysies

Betekenis:
• Bewys dat daar klaar vir iets betaal is (wat vir goedere/ dienste geruil kan word); koepon.
• Bewys dat 'n mens iets gekoop het; betaalstrokie, ontvangsbewys.

Gebruik:
• Sy het vir 'n koopbewys van R250 gewen.
• Bêre jou koopbewys as waarborg vir as jy die produk later moet terugbring.

Verwant:
• geskenkbewys

Vertaling:
Engels: voucher; slip
Nederlands: betalingsbewijs

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skepties
Volgende onderwerp: lugtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:27:07 MGT 2024