Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swanesang
swanesang [boodskap #140425] Wo, 12 Oktober 2022 07:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swanesang
Afbreking: swa•ne•sang
Samestelling: swane + sang


Selfstandige naamwoord: swanesang
Meervoud: swanesange

Betekenis:
• (figuurlik) Die laaste werk of optrede van 'n digter, musikant, politikus, ens.
• (mitologie) Die treurige, maar pragtige lied van 'n swaan voor sy dood.

Gebruik:
• Mens kon hoor die musikant gee alles, dit was immers sy swanesang.
• Voor sy teregstelling sê Sokrates dat die swanesang nie uit droefheid gesing word nie, maar in blydskap oor wat in die volgende lewe wag.

Afgelei:
• swanelied

Vertaling:
Engels: swan song
Nederlands: zwanenzang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nageslag
Volgende onderwerp: oorvloedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 05:49:35 MGT 2024