Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » luier
luier [boodskap #140422] Di, 11 Oktober 2022 11:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
luier
Afbreking: lui•er


Werkwoord: luier
Verlede tyd: het geluier

Betekenis:
• Om ledig te wees; niks te doen nie.
• Om 'n enjin stadig en vry te laat loop.

Gebruik:
• Ons gaan die hele dag op die strand lê en luier.
• Hy laat die motor luier terwyl sy die hek oopmaak.

Sinoniem:
• drentel
• lanterfanter
• leeglê
• rondhang

Vertaling:
Engels: to be lazy, loaf; to idle
Nederlands: luieren


Selfstandige naamwoord: luier
Meervoud: luiers
Verkleinwoord: luiertjie
Meervoud van verkleining: luiertjies

Betekenis:
• 'n Absorberende kledingstuk, soos 'n babadoek.
• Iemand wat 'n klok lui (klokluier).

Gebruik:
• Die luiers hang oor die wasgoedlyn.
• Die luier het vergeet om die kerk se klok te lui.

Afgelei:
• kinderluier
• luierbroekie
• luiermandjie
• luierspeld

Vertaling:
Engels: diaper, nappy, swaddling-cloth; ringer
Nederlands: luier


Byvoeglike naamwoord: lui
Vergrotende trap: luier
Oortreffende trap: luiste
Attributief: luie

Betekenis:
• Vergrotende trap van lui.

Gebruik:
• Die een is luier as die ander.

Vertaling:
Engels: lazier
Nederlands: luier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: joviaal
Volgende onderwerp: kruispad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 05:55:30 MGT 2024