Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » woestynplant
woestynplant [boodskap #140400] Sa, 08 Oktober 2022 13:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woestynplant
Afbreking: woe•styn•plant
Samestelling: woestyn + plant


Selfstandige naamwoord: woestynplant
Meervoud: woestynplante
Verkleinwoord: woestynplantjie
Meervoud van verkleining: woestynplantjies

Betekenis:
• 'n Plant wat by die droë omstandighede van 'n woestyn aangepas is.

Gebruik:
• 'n Kaktus is 'n woestynplant met 'n vlesige stam en dorings in plaas van blare.

Sinoniem:
• dorslandplant
• droogteplant
• xerofiet

Vertaling:
Engels: drought-resistant plant, xerophyte
Nederlands: woestijnplant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kodeks
Volgende onderwerp: fossileer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 04:24:56 MGT 2024