Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » knopiespinnekop
knopiespinnekop [boodskap #140376] Di, 04 Oktober 2022 14:33
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Knopiespinnekop.
'n Knopiespinnekop.
knopiespinnekop‎
Afbreking: kno•pie•spin•ne•kop‎
Samestelling: knopie + spinnekop‎


Selfstandige naamwoord: knopiespinnekop
Meervoud: knopiespinnekoppe
Verkleinwoord: knopiespinnekoppie
Meervoud van verkleining: knopiespinnekoppies

Betekenis:
• Giftige spinnekop met 'n ronde agterlyf en 'n rooi kolletjie op die onderlyf, genus Latrodectus.

Gebruik:
• In Suid-Afrika is daar twee soorte, die giftiger swart knopiespinnekop (L. mactans), en die minder giftige bruin knopie (L. geometricus).

Sinoniem:
• knopie

Hiperoniem:
• spinnekop

Vertaling:
Engels: widow spider, button spider
Nederlands: zwarte weduwe

Nota:
• Dié spinnekop se agterlyf lyk soos 'n outydse skoenknopie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saambind
Volgende onderwerp: reënspinnekop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 05:49:07 MGT 2024