Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » werking
werking [boodskap #140371] Ma, 03 Oktober 2022 19:06
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werking
Afbreking: wer•king
Samestelling: werk + -ing


Selfstandige naamwoord: werking
Meervoud: werkinge

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van werk. Die manier waarop iets funksioneer, of die toestand van werkend wees.

Gebruik:
• Die masjien is buite werking en kan nie vinnig in werking gebring word nie.

Sinoniem:
• funksionering
• uitvoering

Afgelei:
• afwerking
• bewerking
• breinwerking
• bywerking
• deurwerking
• fermentwerking
• getuiewerking
• gifwerking
• gletserwerking
• haarbuiswerking
• haarvatwerking
• hefboomwerking
• hewelwerking
• hulpwerking
• identifikasiewerking
• inwerking
• klierwerking
• maagwerking
• medewerking
• meewerking
• nawerking
• omwerking
• samewerking
• senuwerking
• skarnierwerking
• snellerwerking
• snelwerking
• spierwerking
• swaartekragwerking
• teenwerking
• terugwerking
• teëwerking
• traagheidswerking
• uitwerking
• veerwerking
• verwerking
• wisselwerking

Vertaling:
Engels: working, functioning, operation
Nederlands: werking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vervrolik
Volgende onderwerp: tandheelkunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 05:47:56 MGT 2024