Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verspreiding
verspreiding [boodskap #140108] Vr, 26 Augustus 2022 19:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verspreiding
Afbreking: ver•sprei•ding
Samestelling: versprei(d) + -ing


Selfstandige naamwoord: verspreiding
Meervoud: verspreidings
Verkleinwoord: verspreidinkie
Meervoud van verkleining: verspreidinkies

Betekenis:
• Die handeling van versprei, of die mate waarin iets versprei is.

Gebruik:
• Goeie higiëne sal die verspreiding van die virus vertraag.

Sinoniem:
• distribusie
• uitgestrektheid
• verdeling
• verstrooiing

Hiponiem:
• bevolkingsverspreiding
• bybelverspreiding
• evangelieverspreiding
• frekwensieverspreiding
• geurverspreiding
• insekverspreiding
• karpverspreiding
• kennisverspreiding
• kleurverspreiding
• nuusverspreiding
• plantverspreiding
• punteverspreiding
• saadverspreiding
• warmteverspreiding

Afgelei:
• verspreidinggebied
• verspreidingsdiagram
• verspreidingsfaktor
• verspreidingsgebied
• verspreidingskaart
• verspreidingskoëffisiënt
• verspreidingskurwe
• verspreidingspatroon
• verspreidingsprobleem

Afkorting:
• verspr.

Vertaling:
Engels: spread, diffusion, dispersion; distribution
Nederlands: verspreiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stylvol
Volgende onderwerp: komplement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:51:30 MGT 2024