Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seël
seël [boodskap #140064] Sa, 20 Augustus 2022 20:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Seël in lak afgedruk.
'n Seël in lak afgedruk.
'n Seël wat met 'n stempel gedruk is.
'n Seël wat met 'n stempel gedruk is.
Posseëls
Posseëls
seël
Afbreking: se•ël


Selfstandige naamwoord: seël
Meervoud: seëls
Verkleinwoord: seëltjie
Meervoud van verkleining: seëltjies

Betekenis:
• Verkorting van posseël; stukkie papier met 'n gomlaag as bewys dat posgeld betaal is.
• Stempel of wapen waarmee 'n brief gemerk word om egtheid aan te dui.
• Voorwerp waarmee iets so afgesluit word dat mens sal kan sien as dit oopgemaak is.

Gebruik:
• Sy plak 'n seël op die brief. Hy versamel seëls.
• Die koning drup warm lak of die brief en druk sy seël daarin.
• Die koevert se seël is gebreek.

Afgelei:
• inkomsteseël
• posseël
• seëlkoste
• seëllak
• seëlmerk
• seëlontwerp
• seëlring
• seëlstempel

Vertaling:
Engels: stamp; seal
Nederlands: zegel


Werkwoord: seël
Verlede tyd: het geseël
Verlede deelwoord: geseëlde

Betekenis:
• Om van 'n seël of stempel te voorsien.
• Om dig af te sluit.

Gebruik:
• Die stukke word geseël.
Seël die bottel behoorlik.

Afgelei:
• afseël
• toeseël
• verseël

Vertaling:
Engels: to affix a seal or stamp; to seal
Nederlands: zegelen

Nota:
• Moenie "seël" met "seel" verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doopseel
Volgende onderwerp: b.nw.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:48:10 MGT 2024