Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inspan
inspan [boodskap #139937] Sa, 13 Augustus 2022 11:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inspan
Afbreking: in•span
Samestelling: in + span


Werkwoord: span in, inspan
Verlede tyd: het ingespan

Betekenis:
• Om trekdiere voor 'n wa/ploeg/koets vas te maak.
• Om moeite te doen; al jou kragte vir iets te gebruik (beywer, afsloof).
• Om te gebruik; tot nut maak; iets of iemand te laat werk.

Gebruik:
• Die touleier span die osse voor die ossewa in.
• Julle sal julle kragte tevergeefs inspan: daar sal geen oes op julle lande wees nie. [Levitikus 26:20]
• Die posbode het sy eie fiets ingespan om die brief af te lewer.

Spreekwoord:
• Jong osse inspan. [Om op te gooi; te braak.]

Antoniem:
• uitspan (m.b.t. trekdiere)

Afgelei:
• inspannend
• inspanning
• inspanplek
• inspanploeg
• inspantyd

Vertaling:
Engels: to harness, yoke; to exert; to use
Nederlands: inspannen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rits
Volgende onderwerp: doedie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 06:59:32 MGT 2024