Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vertraag
vertraag [boodskap #139709] So, 17 Julie 2022 18:30
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vertraag
Afbreking: ver•traag
Samestelling: ver- + traag


Byvoeglike naamwoord: vertraag
Attributief: vertraagde

Betekenis:
• Wat dom en simpel is.
• Wat verstandelik gestrem is.
• Wat stadiger is as normaal of verwag.

Gebruik:
• Die fliek is redelik vertraag.
• Moenie met hom spot nie, hy is 'n bietjie vertraag.
• Weens die vertraagde vlug het ons laat by die vergadering opgedaag.

Antoniem:
• onvertraag

Afgelei:
• vertraagdes
• vertraagdheid

Vertaling:
Engels: silly, dumb; retarded; delayed
Nederlands: vertraagd


Werkwoord: vertraag
Verlede tyd: het vertraag

Betekenis:
• Om stadiger te maak of uit te stel.

Gebruik:
• Die trein is met 10 minute vertraag.

Sinoniem:
• uitstel
• verlangsaam

Vertaling:
Engels: to delay, slow down
Nederlands: vertragen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: saamspan
Volgende onderwerp: ingelys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:40:02 MGT 2024