Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saamspan
saamspan [boodskap #139708] So, 17 Julie 2022 08:14
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamspan
Afbreking: saam•span
Samestelling: saam + span


Werkwoord: span saam, saamspan
Verlede tyd: het saamgespan

Betekenis:
• Om saam te werk om 'n gemeenskaplike doel te bereik.
• Om teen iemand te werk; 'n komplot vorm.

Gebruik:
• As ons saamspan kan ons die takie sommer vinnig afhandel.
• Bewaar my van gewelddadige mense wat saamspan om my te laat val. [Psalms 140:5]

Sinoniem:
• meewerk
• saamwerk
• verenig
• knoei
• komplotteer
• konkel
• saamsweer

Afgelei:
• saamspanning
• saamspannery

Vertaling:
Engels: to unite, co-operate; conspire, collude, plot
Nederlands: samenwerken; samenzweren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spierkundige
Volgende onderwerp: vertraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:42:01 MGT 2024