Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » statuur
statuur [boodskap #139561] Ma, 20 Junie 2022 08:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
statuur
Afbreking: sta•tuur


Selfstandige naamwoord: statuur
Meervoud: stature
Verkleinwoord: statuurtjie
Meervoud van verkleining: statuurtjies

Betekenis:
• Die grootte of lengte van iets of iemand.
• (figuurlik) Iemand se aansien, status of posisie.

Gebruik:
• Op die vliegtuig oorskry die vrou langs my se statuur die grootte van haar sitplek.
• Die hotelkamer was heeltemal te klein vir 'n man van sy statuur.

Sinoniem:
• gestalte
• postuur
• aansien
• kaliber
• prestige
• prominensie
• reputasie

Vertaling:
Engels: stature
Nederlands: statuur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: splintergroep
Volgende onderwerp: herdenking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:47:31 MGT 2024