Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » splinter
splinter [boodskap #139559] So, 19 Junie 2022 17:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
splinter
Afbreking: splin•ter


Selfstandige naamwoord: splint, splinter
Meervoud: splinte, splinters
Verkleinwoord: splintertjie
Meervoud van verkleining: splintertjies

Betekenis:
• 'n Klein, langwerpige skerf met skerp punt wat van iets afgebreek het.
• (figuurlik) Groep wat van 'n groter groep afgestig het.

Gebruik:
• Pasop dat jy nie in 'n splinter trap nie.
• Ná die onenigheid het 'n nuwe splinter van die party gevorm.

Spreekwoord:
• Bewaar elke splinter vir die vuur in die winter. [Maak in voorspoed bymekaar vir tye wanneer daar 'n skaarste is]
• Hy sien die splinter in my oog, maar vergeet die balk in sy eie. [Klein tekortkomings in ander opmerk, maar jou eie groter gebreke vergeet.]

Sinoniem:
• brok
• flenter
• skerf
• skilfer
• snysel

Hiponiem:
• glassplinter
• houtsplinter
• klipsplinter

Afgelei:
• splinterbom
• splintergroep
• splinternuut
• splinterparty
• splintervry

Vertaling:
Engels: splint, splinter, chip
Nederlands: splinter


Werkwoord: splinter
Verlede tyd: het gesplinter

Betekenis:
• Om van 'n groter geheel af te splits.

Gebruik:
• Die hout splinter maklik.

Afgelei:
• afsplinter
• versplinter

Vertaling:
Engels: to splinter
Nederlands: splinteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: swier
Volgende onderwerp: splintergroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 08:59:03 MGT 2024