Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naeltjie
naeltjie [boodskap #139201] Ma, 11 April 2022 18:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Naeltjies
Naeltjies
naeltjie
Afbreking: na•el•tjie
Samestelling: nael + -tjie


Selfstandige naamwoord: naeltjie
Meervoud: naeltjies

Betekenis:
• Swart spesery met 'n sterk, soet geur (gedroogde blomkoppe van Syzygium aromaticum).

Gebruik:
• Vir ekstra geur, gooi 'n naeltjie of twee in die sop.

Sinoniem:
• kruinaeltjie

Afgelei:
• naeltjieboom
• naeltjiebrandewyn
• naeltjieolie

Vertaling:
Engels: clove
Nederlands: kruidnagel

'n Naeltjie.
'n Naeltjie.

Selfstandige naamwoord: nael
Meervoud: naels
Verkleinwoord: naeltjie
Meervoud van verkleining: naeltjies

Betekenis:
• Klein nael aan die hand of voet.
• Klein holte/nawel in die middel van die maag.

Gebruik:
• Die kind se naeltjie het gebreek.
• Haar bloes is so kort dat haar naeltjie uitsteek.

Vertaling:
Engels: navel, belly button; little nail
Nederlands: nageltje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sonlig
Volgende onderwerp: Namakwa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:45:27 MGT 2024