Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » misdadiger
misdadiger [boodskap #139190] So, 10 April 2022 09:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
misdadiger
Afbreking: mis•da•di•ger
Samestelling: misdaad + -ig + -er


Selfstandige naamwoord: misdadiger
Meervoud: misdadigers
Verkleinwoord: misdadigertjie
Meervoud van verkleining: misdadigertjies

Betekenis:
• Persoon wat ernstige misdaad pleeg.

Gebruik:
• Die misdadiger weet niemand het vuurwapens nie en kan enige huis teiken.

Sinoniem:
• belhamel
• boosdoener
• booswig
• krimineel
• kwaaddoener
• oortreder
• skelm
• skuldige
• skurk

Hiponiem:
• geleentheidsmisdadiger
• geweldsmisdadiger
• gewoontemisdadiger
• jeugmisdadiger
• oorlogsmisdadiger
• seksmisdadiger
• staatsmisdadiger

Afgelei:
• misdadigersbende
• misdadigervriendelik

Vertaling:
Engels: criminal, evildoer, culprit
Nederlands: misdadiger

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bevooroordeel
Volgende onderwerp: momentum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:26:06 MGT 2024