Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bevooroordeel
bevooroordeel [boodskap #139189] Sa, 09 April 2022 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevooroordeel
Afbreking: be•voor•oor•deel
Samestelling: be- + vooroordeel


Byvoeglike naamwoord: bevooroordeel, bevooroordeeld
Vergrotende trap: bevooroordeelder
Oortreffende trap: bevooroordeeldste
Attributief: bevooroordeelde

Betekenis:
• Wat partydig is; 'n vooropgestelde mening huldig sonder om die feite in ag te neem.

Gebruik:
• Die skeidsregter was erg bevooroordeel en het al die opponente se foute misgekyk.

Wisselvorm:
• bevooroordeeld

Sinoniem:
• diskriminerend
• eensydig
• kleingeestig
• onbillik
• ongegrond
• onredelik
• partydig
• subjektief

Antoniem:
• onbevooroordeel

Vertaling:
Engels: prejudiced, biassed, preconceived, subjective
Nederlands: bevooroordeeld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: minimalisasie
Volgende onderwerp: misdadiger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 10:26:22 MGT 2024