Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hiëroglief
hiëroglief [boodskap #139109] Ma, 21 Maart 2022 18:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Egiptiese hiërogliewe
Egiptiese hiërogliewe
hiëroglief
Afbreking: hi•ë•ro•glief


Selfstandige naamwoord: hiëroglief
Meervoud: hiërogliewe
Verkleinwoord: hiërogliefie
Meervoud van verkleining: hiërogliefies

Betekenis:
• Piktogram wat 'n woord, morfeem of klank uitbeeld.
• (figuurlik) Onleesbare handskrif.

Gebruik:
• Die hiëroglief van 'n aasvoël was die Egiptiese teken vir die klank /3/, asook vir woorde soos moeder, welvarend, grootmoeder en regeerder.
• Dis bykans onmoontlik om die dokter se hiërogliewe te ontsyfer.

Sinoniem:
• piktogram

Afgelei:
• hiëroglifies

Vertaling:
Engels: hieroglyph
Nederlands: hiëroglief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pons
Volgende onderwerp: witbord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:32:51 MGT 2024