Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesindheid
gesindheid [boodskap #139089] So, 20 Maart 2022 08:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesindheid
Afbreking: ge•sind•heid
Samestelling: gesind + -heid


Selfstandige naamwoord: gesindheid
Meervoud: gesindhede

Betekenis:
• Iemand se houding jeens iets; innerlike disposisie.

Gebruik:
• Geluk het dikwels meer te doen met jou gesindheid as met jou omstandighede.

Sinoniem:
• disposisie
• gemoedsaard
• gemoedsgesteldheid
• houding
• oortuiging
• stemming

Hiponiem:
• aardsgesindheid
• eensgesindheid
• fransgesindheid
• gelykgesindheid
• goedgesindheid
• helpmekaargesindheid
• hemelsgesindheid
• kerksgesindheid
• koningsgesindheid
• kwaadgesindheid
• linksgesindheid
• navorsingsgesindheid
• oneensgesindheid
• pousgesindheid
• regsgesindheid
• republikeinsgesindheid
• ryksgesindheid
• studiegesindheid
• vergewensgesindheid
• welgesindheid
• wêreldgesindheid

Afgelei:
• gesindheidsvorming
• gesindheidsverandering

Vertaling:
Engels: disposition
Nederlands: gezindheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geselligheid
Volgende onderwerp: gestasioneer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 13:24:36 MGT 2024