Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoogoond
hoogoond [boodskap #139037] Vr, 11 Maart 2022 12:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hoogoond.
'n Hoogoond.
hoogoond
Afbreking: hoog•oond
Samestelling: hoog + oond


Selfstandige naamwoord: hoogoond
Meervoud: hoogoonde
Verkleinwoord: hoogoondjie
Meervoud van verkleining: hoogoondjies

Betekenis:
• Hoë smeltoond vir metale (onder andere om metaal van erts te onttrek).

Gebruik:
• Cor Delfos, 'n elektriese ingenieur van Nederland, het in 1917 'n hoogoond in Pretoria-Wes gebou waaruit Yskor later ontwikkel het.

Sinoniem:
• smeltery

Afgelei:
• hoogoondaanleg
• hoogoondgas
• hoogoondinstallasie
• hoogoondproses
• hoogoondslak

Verwant:
• smeltkroes

Vertaling:
Engels: blast furnace
Nederlands: hoogoven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ewewigsorgaan
Volgende onderwerp: familiêr
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:47:42 MGT 2024