Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eksemplaar
eksemplaar [boodskap #139015] So, 06 Maart 2022 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eksemplaar
Afbreking: ek•sem•plaar


Selfstandige naamwoord: eksemplaar
Meervoud: eksemplare
Verkleinwoord: eksemplaartjie
Meervoud van verkleining: eksemplaartjies

Betekenis:
• Een van 'n aantal gelyksoortige dinge (soos 'n boek, posseël, muntstuk, ens.)

Gebruik:
• Ek het 'n getekende eksemplaar van die boek.

Sinoniem:
• afskrif
• duplikaat
• kopie
• monster
• proefdruk
• proefstuk
• voorbeeld

Hiponiem:
• prageksemplaar
• presenteksemplaar
• proefeksemplaar
• resensie-eksemplaar
• ruileksemplaar
• skrywerseksemplaar
• tipe-eksemplaar
• vooreksemplaar

Afgelei:
• eksemplaries

Afkorting:
• eks.

Vertaling:
Engels: specimen, sample, copy
Nederlands: exemplaar

Nota:
• 'n Dubbele eksemplaar is 'n doeblet, 'n unieke eksemplaar is 'n unikum, 'n mooi eksemplaar is 'n pragstuk, 'n groot eksemplaar is 'n bielie, ens.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verydel
Volgende onderwerp: eksperimenteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:52:18 MGT 2024