Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brousel
brousel [boodskap #139001] Ma, 28 Februarie 2022 08:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
brousel
Afbreking: brou•sel
Samestelling: brou + -sel


Selfstandige naamwoord: brousel
Meervoud: brousels
Verkleinwoord: brouseltjie
Meervoud van verkleining: brouseltjies

Betekenis:
• Iets (soos kos, drank, dupa, ens.) wat van verskillende bestanddele gebrou is.
• (figuurlik) 'n Swak stuk werk; geknoei.

Gebruik:
• Ons eet vanaand 'n brousel van vleis en groente.
• Moet ek nou met hierdie brousel tevrede wees?

Sinoniem:
• konkoksie
• kooksel
• maaksel
• treksel

Afgelei:
• heksebrousel

Vertaling:
Engels: concoction, brew
Nederlands: brouwsel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eetgewoonte
Volgende onderwerp: brou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 13:37:11 MGT 2024