Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duiweltjie
duiweltjie [boodskap #138988] So, 27 Februarie 2022 12:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
duiweltjie
Afbreking: dui•wel•tjie
Samestelling: duiwel + -tjie


Selfstandige naamwoord: duiwel
Meervoud: duiwels
Verkleinwoord: duiweltjie
Meervoud van verkleining: duiweltjies

Betekenis:
• Verkleinwoord van duiwel; 'n klein duiwel.

Gebruik:
• Na wie luister jy: die engeltjie op jou een skouer, of die duiweltjie op die ander?

Sinoniem:
• kabouter
• ondeug
• platjie

Vertaling:
Engels: small devil
Nederlands: duiveltje

Duiweltjies
Duiweltjies

Selfstandige naamwoord: duiweltjie
Meervoud: duiweltjies

Betekenis:
• Onkruid met 'n harde stekelrige vrug, Tribulus terrestris.

Gebruik:
• Die duiweltjie is 'n eenjarige plant met 'n penwortel wat tot 1,5 m diep groei.

Sinoniem:
• driedoringdubbeltjie
• duwweltjie
• volstruisdoring

Vertaling:
Engels: devil's claw, devil's thorn
Nederlands: duiveltje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duisendjarig
Volgende onderwerp: dwelmmiddel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:45:09 MGT 2024