Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bolaag
bolaag [boodskap #138804] Do, 27 Januarie 2022 08:31
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bolaag
Afbreking: bo•laag
Samestelling: bo + laag


Selfstandige naamwoord: bolaag
Meervoud: bolae
Verkleinwoord: bolagie
Meervoud van verkleining: bolagies

Betekenis:
• Die laag wat bo is.
• (figuurlik) Leidinggewende deel van 'n gemeenskap of organisasie.

Gebruik:
• Die landerye se vrugbare bolaag het weggespoel.
• Die samelewing bestaan uit 'n bolaag van grondbesitters met 'n massa arm mense wat belasting aan die landhere betaal.

Sinoniem:
• bedekking
• deklaag
• kors
• oppervlakte
• roof

Antoniem:
• onderlaag

Afgelei:
• bolaaggis
• smeltselbolaag

Vertaling:
Engels: upper layer
Nederlands: bovenlaag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: horoskoop
Volgende onderwerp: algebra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:48:47 MGT 2024