Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fataal
fataal [boodskap #138782] Ma, 24 Januarie 2022 16:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fataal
Afbreking: fa•taal


Byvoeglike naamwoord: fataal
Vergrotende trap: fataler
Oortreffende trap: fataalste
Attributief: fatale
Partitief: fataals

Betekenis:
• Wat tot 'n ongelukkig einde (of selfs die dood) lei.

Gebruik:
• Sukses is nie finaal nie, mislukking is nie fataal nie; wat tel, is die moed om voort te gaan. [Winston Churchill]

Sinoniem:
• beroerd
• dodelik
• ellendig
• kritiek
• noodlottig
• ongelukkig
• rampsalig
• rampspoedig
• vernietigend

Verwant:
• fatalis
• fatalisme
• fataliteit

Vertaling:
Engels: fatal, fateful
Nederlands: fataal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Afrikaanssprekend
Volgende onderwerp: dofweg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:58:00 MGT 2024