Tuis » Taal » Woordeboek » geoorloof
geoorloof [boodskap #138594] |
Sun, 19 December 2021 18:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21390 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geoorloof
Afbreking: ge•oor•loof
Byvoeglike naamwoord: geoorloof
Attributief: geoorloofde
Betekenis:
• Wat toelaatbaar is (en nie strydig is met enige wette of norme nie).
Gebruik:
• Daar is mense wat sê: "Alles is geoorloof." Ja, maar nie alles is heilsaam nie. "Alles is geoorloof," sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie. [1 Korintiërs 10:23]
Sinoniem:
• geregverdig
• toegestaan
• toegelaat
• toelaatbaar
• wetlik
Antoniem:
• ongeoorloof
Afgelei:
• geoorloofdheid
Vertaling:
Engels: allowed, permitted, lawful
Nederlands: geoorloofd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Vorige onderwerp: |
wrok |
Volgende onderwerp: |
vurig |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Mon Mar 24 23:42:05 UTC 2025
|