Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dogma
dogma [boodskap #138562] Wo, 08 Desember 2021 18:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dogma
Afbreking: dog•ma


Selfstandige naamwoord: dogma
Meervoud: dogmas
Verkleinwoord: dogmatjie
Meervoud van verkleining: dogmatjies

Betekenis:
• Beginsel wat as onteenseglik waar aanvaar word en wat nie aan debat onderworpe is nie.

Gebruik:
• In 1891 het die Rooms-Katolieke kerk die dogma van pouslike onfeilbaarheid gedefinieer.

Sinoniem:
• doktrine
• geloofspunt
• grondbeginsel
• leerstelling
• leerstuk

Afgelei:
• dogmabegrip
• dogmadwang
• dogmageskiedenis
• dogmatici
• dogmatiek
• dogmaties
• dogmatikus
• dogmatiseer
• dogmatisering
• dogmatisme
• dogmavry

Vertaling:
Engels: dogma, doctrine
Nederlands: dogma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: garingboom
Volgende onderwerp: smoortjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:30:10 MGT 2024