Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » japon
japon [boodskap #138551] Ma, 06 Desember 2021 13:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pienk japon.
'n Pienk japon.
japon
Afbreking: ja•pon


Selfstandige naamwoord: japon
Meervoud: japonne
Verkleinwoord: japonnetjie
Meervoud van verkleining: japonnetjies

Betekenis:
• 'n Kamerjas; oorkleed wat tuis gedra word.
• (verouderd) Lang kledingstuk vir 'n vrou, veral dié van Japanse oorsprong; rok; jurk.

Gebruik:
• Soggens vroeg dra ma 'n japon met pantoffels en krulle in die hare.

Verwant:
• kimono
• yukata

Afgelei:
• aandjapon
• badjapon
• bruidsjapon
• huisjapon
• nagjapon
• kamerjapon
• oggendjapon

Vertaling:
Engels: dressing gown; dress
Nederlands: japon, kamerjas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kamerjas
Volgende onderwerp: steierwerk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:30:53 MGT 2024