Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » polemiek
polemiek [boodskap #138458] Ma, 22 November 2021 13:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
polemiek
Afbreking: po•le•miek


Selfstandige naamwoord: polemiek
Meervoud: polemieke
Verkleinwoord: polemiekie
Meervoud van verkleining: polemiekies

Betekenis:
• Woordestryd oor 'n aktuele saak tussen voor- en teenstaanders daarvan wat in die media/openbaar gevoer word.

Gebruik:
• Die 95 stellings wat Martin Luther aan die deur van die kerk in Wittenberg vasgespyker is, was 'n polemiek teen die Katolieke Kerk.

Sinoniem:
• argumentasie
• briefwisseling
• debat
• dispuut
• geskil
• kontroversie
• kwessie
• omstredenheid
• pennestryd
• redenering
• redetwis
• retoriek
• spotskrif
• twisgesprek
• twispunt
• twisvraag
• woordestryd

Verwant:
• polemies
• polemikus

Vertaling:
Engels: controversy, polemic
Nederlands: polemiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ryvoorrang
Volgende onderwerp: steurnis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:27:30 MGT 2024