Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verordening
verordening [boodskap #138446] Sa, 20 November 2021 11:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verordening
Afbreking: ver•or•de•ning
Samestelling: verorden + -ing


Selfstandige naamwoord: verordening
Meervoud: verordeninge, verordenings

Betekenis:
• 'n Wetlike bevel of reëling van 'n owerheid.

Gebruik:
• Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here. [1 Petrus 2:13]

Sinoniem:
• bepaling
• bevel
• dekreet
• edik
• gebod
• magtiging
• ordonnansie
• regulasie
• stipulasie
• voorskrif
• wet

Afgelei:
• bouverordening
• kerkverordening
• polisieverordening
• senaatsverordening
• strafverordening
• verkeersverordening

Vertaling:
Engels: ordinance, decree, regulation
Nederlands: verordening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: infleksie
Volgende onderwerp: hoofartikel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:46:36 MGT 2024