Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » konsentrasie
konsentrasie [boodskap #138432] Do, 18 November 2021 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsentrasie
Afbreking: kon•sen•tra•sie


Selfstandige naamwoord: konsentrasie
Meervoud:

Betekenis:
• Die vermoë om jou aandag vir lank op iets te fokus.

Gebruik:
• Die werk verg uiterste konsentrasie.

Sinoniem:
• aandagspan
• fokus

Afgelei:
• konsentrasieprobleem
• konsentrasievermoë

Verwant:
• konsentreer

Vertaling:
Engels: concentration
Nederlands: concentratie

Verskillende konsentrasies van 'n kleurstof.
Verskillende konsentrasies van 'n kleurstof.

Selfstandige naamwoord: konsentrasie
Meervoud: konsentrasies

Betekenis:
• 'n Groot hoeveelheid van iets op 'n bepaalde plek.
• (skeikunde) Hoeveelheid van 'n stof relatief tot die totaal of volume.

Gebruik:
• Daar is 'n groot konsentrasie winkels in ons omgewing.
• Die eksperiment benodig 'n hoë konsentrasie swaelsuur.

Sinoniem:
• akkumulasie
• groepering
• intensiteit
• ophoping
• sametrekking
• sterkte
• versameling

Hiponiem:
• molariteit
• molaliteit
• molfraksie

Afgelei:
• bevolkingskonsentrasie
• ioonkonsentrasie
• konsentrasiekamp

Vertaling:
Engels: concentration
Nederlands: concentratie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: grootmaat
Volgende onderwerp: ontronding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:27:23 MGT 2024