Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanhaal
aanhaal [boodskap #138399] Sa, 13 November 2021 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanhaal
Afbreking: aan•haal
Samestelling: aan + haal


Werkwoord: haal aan, aanhaal
Verlede tyd: het aangehaal

Betekenis:
• Om iemand anders se woorde te herhaal. Sê en skryf wat iemand anders gesê of geskryf het.
• (ongewoon) Om stywer te trek.

Gebruik:
• Gebruik aanhalingstekens as jy iemand aanhaal. Hy haal die Bybelvers buite konteks aan.
• Die ruiter het die perd se buikgord stewig aangehaal.

Sinoniem:
• herhaal
• kwoteer
• napraat
• oorvertel
• siteer

Afgelei:
• aanhaling

Vertaling:
Engels: to quote, cite, mention; to pull in, haul in
Nederlands: aanhalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dendriet
Volgende onderwerp: illustreer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:31:48 MGT 2024