Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kegel
kegel [boodskap #138394] Sa, 13 November 2021 06:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kegels
Kegels
kegel
Afbreking: ke•gel


Selfstandige naamwoord: kegel, keël
Meervoud: kegels, keëls
Verkleinwoord: kegelstjie, keëltjie
Meervoud van verkleining: kegeltjies, keëltjies

Betekenis:
• Flesvormige speelstuk in kegelspel wat 'n mens met 'n bal probeer omrol.
• Meetkundige voorwerp met 'n ronde basis wat nouer word soos dit boontoe loop.

Gebruik:
• Ek het al nege die kegels met die eerste probeerslag platgetrek.
• Skets 'n kegel met met radius r en hoogte h.

Wisselvorm:
• keël

Sinoniem:
• konus

Afgelei:
• kegeldeursnee
• kegelbaan
• kegelklep
• kegelrat
• kegelsnee
• kegelspel
• kegelspeler
• kegelstruktuur
• kegelvlak
• kegelvormig
• kegelwedstryd
• saadkegel
• verkeerskegel

Vertaling:
Engels: bowling pin, tenpin; cone
Nederlands: kegel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oproer
Volgende onderwerp: intuïtief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:51:08 MGT 2024