Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verstaanbaar
verstaanbaar [boodskap #138391] Do, 11 November 2021 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verstaanbaar
Afbreking: ver•staan•baar
Samestelling: verstaan + -baar


Byvoeglike naamwoord: verstaanbaar
Vergrotende trap: verstaanbaarder
Oortreffende trap: verstaanbaarste
Attributief: verstaanbare
Partitief: verstaanbaars

Betekenis:
• Wat maklik verstaan kan word; begryplik.
• Wat duidelik gehoor kan word.

Gebruik:
• Die juffrou probeer om die les so verstaanbaar as moontlik aan te bied.
• As jy 'n toespraak lewer, moet jy duidelik en verstaanbaar praat.

Sinoniem:
• begryplik
• hoorbaar
• logies
• samehangend

Antoniem:
• onverstaanbaar

Afgelei:
• verstaanbaarheid

Vertaling:
Engels: understandable, comprehensible
Nederlands: verstaanbaar, begrijpelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mallemeule
Volgende onderwerp: oproer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 21:45:48 MGT 2024