Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kneukel
kneukel [boodskap #138327] Ma, 01 November 2021 10:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die kneukels van die hand.
Die kneukels van die hand.
kneukel
Afbreking: kneu•kel


Selfstandige naamwoord: kneukel
Meervoud: kneukels
Verkleinwoord: kneukeltjie
Meervoud van verkleining: kneukeltjies

Betekenis:
• Uitstaande beenknop van 'n vingergewrig.
• Uitstaande beenknop aan die binne- of buitekant van die enkelgewrig.

Gebruik:
• Die hand se kneukels staan uit as 'n mens jou hand in 'n vuis vou.
• Sy skoene skaaf teen sy kneukels.

Sinoniem:
• beenknop
• knokkel

Afgelei:
• kneukelbeentjie
• kneukelrig
• kneukelvormig
• verkneukel
• witkneukelhand
• witkneukelvuis

Vertaling:
Engels: knuckle
Nederlands: kneukel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inmekaarvleg
Volgende onderwerp: witbroodjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:51:02 MGT 2024