Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verdwaas
verdwaas [boodskap #138295] Di, 26 Oktober 2021 14:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verdwaas
Afbreking: ver•dwaas
Samestelling: ver- + dwaas


Werkwoord: verdwaas
Verlede tyd: het verdwaas

Betekenis:
• Om dom en soos 'n dwaas te voel.

Gebruik:
• Sy ongeskikte reaksie het my totaal verdwaas.

Vertaling:
Engels: to infatuate, besot, knock silly
Nederlands: verdwazen


Byvoeglike naamwoord: verdwaas
Attributief: verdwaasde

Betekenis:
• Wat uit die veld geslaan is (tot dwaasheid verval).

Gebruik:
• Hy maak sy oë oop en kyk verdwaas wat om hom aangaan.

Sinoniem:
• bedwelm
• benewel
• beneweld
• deurmekaar
• dronkgeslaan
• oopmond
• oorbluf
• sprakeloos
• stomgeslaan
• verbaas
• verbluf
• verbysterd
• verstom
• verwar
• verward
• verbyster

Antoniem:
• onverdwaas

Afgelei:
• verdwaasdheid
• verdwasing

Vertaling:
Engels: stupefied, infatuated, besotted
Nederlands: verdwaasd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gewaar
Volgende onderwerp: tug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:48:35 MGT 2024