Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toutologie
toutologie [boodskap #138111] Sa, 02 Oktober 2021 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toutologie
Afbreking: tou•to•lo•gie


Selfstandige naamwoord: toutologie
Meervoud: toutologieë

Betekenis:
• (taalkunde) Opeenstapeling van woorde met dieselfde betekenis, dikwels as stylvorm of taalfout; stapelvorm.
• (logika) 'n Argument wat in wese altyd waar is, soos 'x=y of x≠y'.

Gebruik:
• Die woord "brokstuk" is 'n toutologie, omdat "brok" en "stuk" dieselfde beteken en selfs sinonieme is.
• "Dit reën of dit reën nie" is 'n toutologie.

Afgelei:
• toutologies

Verwant:
• pleonasme (woordoortolligheid)

Vertaling:
Engels: tautology
Nederlands: tautologie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opstook
Volgende onderwerp: toutologies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 19:27:19 MGT 2024