Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verknorsing
verknorsing [boodskap #138105] Vr, 01 Oktober 2021 15:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verknorsing
Afbreking: ver•knor•sing


Selfstandige naamwoord: verknorsing
Meervoud: verknorsinge, verknorsings

Betekenis:
• 'n Moeilike en ongemaklike toestand waarin iemand hom bevind.

Gebruik:
• Die maatskappy is in 'n yslike finansiële verknorsing.

Spreekwoord:
• Vandag vermorsing, môre verknorsing. [As jy nie spaarsaam te werk gaan nie, het jy môre niks nie.]

Sinoniem:
• benoudheid
• dikkedensie
• dilemma
• moeilikheid
• pekel
• penarie
• piekel
• situasie
• skaamte
• verleentheid

Vertaling:
Engels: predicament, dilemma, sorry plight, fix
Nederlands: hachelijke situatie

Nota:
• Van Nederlands, verknersing, "met die gekners van tande".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verwoed
Volgende onderwerp: hardekwas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 19:25:53 MGT 2024