Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » guillotine
guillotine [boodskap #137975] So, 19 September 2021 08:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Guillotine.
'n Guillotine.
'n Guillotine.
'n Guillotine.
guillotine
Afbreking: guil•lo•ti•ne


Selfstandige naamwoord: guillotine
Meervoud: guillotines

Betekenis:
• Toestel waarmee papier gesny word.
• (histories) Toestel waarmee mense as 'n vorm van doodstraf onthoof word.

Gebruik:
• 'n Dik pak papiere kan met een slag netjies met 'n guillotine gesny word.
• Teregstelling met 'n guillotine duur slegs 'n fraksie van 'n sekonde en is veronderstel om pynloos te wees.

Wisselvorm:
• gilotien

Sinoniem:
• valbyl

Afgelei:
• guillotineer

Vertaling:
Engels: guillotine
Nederlands: guillotine

Nota:
• Vernoem na die Franse dokter, Joseph Ignace Guillotin, wat die toestel aanbeveel het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tegnies
Volgende onderwerp: humiditeit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:35:11 MGT 2024