Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trompop
trompop [boodskap #137929] Ma, 13 September 2021 16:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trompop
Afbreking: tromp•op
Samestelling: tromp + op


Byvoeglike naamwoord: trompop
Attributief: trompop

Betekenis:
• Direk en sonder ompaaie.

Gebruik:
• 'n Trompop botsing tussen 'n minibus en 'n vragmotor het 12 mense se lewens geëis.

Spreekwoord:
• Iemand trompop loop. [Iemand direk en op die man af berispe/aanvat/konfronteer.]

Sinoniem:
• botweg
• direk
• kaalkop
• onomwonde
• onverwags
• pront-uit
• regstreeks
• reguit
• ruiterlik
• skielik
• vierkantig

Afgelei:
• trompopskoot
• trompopvuur

Vertaling:
Engels: point-blank, head-on
Nederlands: frontaal, vlakaf

Nota:
• "Tromp" is 'n ou woord vir die mondstuk van 'n geweer, "trompop" is dus reg voor die loop van 'n geweer.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: a-lyn
Volgende onderwerp: trompoppie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:33:28 MGT 2024