Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wegbreek
wegbreek [boodskap #137655] Wo, 18 Augustus 2021 17:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegbreek
Afbreking: weg•breek
Samestelling: weg + breek


Werkwoord: breek weg, wegbreek
Verlede tyd: het weggebreek

Betekenis:
• Om stukke weg te vat deur dit los te breek.
• (figuurlik) Om van die normale of alledaagse af te wyk.

Gebruik:
• Die wegbreek van ysberge is 'n natuurlike verskynsel in Antarktika wat deur klimaatsveranderinge versnel word.
• Die Verenigde Party het weggebreek en die Progressiewe Party stig.

Afgelei:
• wegbreking

Vertaling:
Engels: to break off
Nederlands: wegbreken


Selfstandige naamwoord: wegbreek
Meervoud: wegbreke
Verkleinwoord: wegbrekie
Meervoud van verkleining: wegbrekies

Betekenis:
• Die handeling van wegbreek.

Gebruik:
• Die paartjie het 'n romantiese wegbreek na die Drakensberge bespreek.

Afgelei:
• wegbreekbal
• wegbreekbouler
• wegbreekgroepe
• wegbreekvakansie
• wegbreekvleuel

Vertaling:
Engels: escape, getaway, breakaway
Nederlands: ontsnapping

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: osoonlaag
Volgende onderwerp: bloeddorstig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 20:30:51 MGT 2024