Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rugsteun
rugsteun [boodskap #137648] Wo, 18 Augustus 2021 12:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rugsteun
Afbreking: rug•steun
Samestelling: rug + steun


Selfstandige naamwoord: rugsteun
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Leuning vir die rug.
• (figuurlik) Hulp en ondersteuning (waarop teruggeval kan word).
• (rekenaars) 'n Kopie van data vir veilige bewaring.

Gebruik:
• Gebruik 'n stoel wat goeie rugsteun bied.
• Ek kon slegs met die bemoediging en rugsteun van my familie staande bly.
• Onthou om weekliks 'n rugsteun van jou belangrikste dokumente te maak.

Sinoniem:
• bystand
• hulp
• ondersteuning

Afgelei:
• rugsteunkopie

Vertaling:
Engels: support, back; backup
Nederlands: ruggensteun; back-up


Werkwoord: rugsteun
Verlede tyd: het gerugsteun

Betekenis:
• Om 'n kopie van data te maak.

Gebruik:
• Wanner laas het jy jou hardeskyf gerugsteun?

Vertaling:
Engels: to backup
Nederlands: ruggensteunen; back-up

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rugwerwel
Volgende onderwerp: pophuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 21:32:14 MGT 2024