Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inspuiting
inspuiting [boodskap #137644] Wo, 18 Augustus 2021 11:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Inspuiting.
'n Inspuiting.
inspuiting
Afbreking: in•spui•ting
Samestelling: inspuit + -ing


Selfstandige naamwoord: inspuiting
Meervoud: inspuitinge, inspuitings
Verkleinwoord: inspuitinkie
Meervoud van verkleining: inspuitinkies

Betekenis:
• Die handeling van inspuit
• Toestel waarmee, of stof wat ingespuit word.
• (figuurlik) 'n Stimulus van geld of kundigheid wat ingestoot word.

Gebruik:
• Verkies jy die inspuiting in jou arm of jou boud?
• Die meeste entstowwe word per inspuiting toegedien.
• Die departement het 'n finansiële inspuiting van meer as 500 miljoen rand van die tesourie ontvang.

Sinoniem:
• injeksie
• inenting

Afgelei:
• griepinspuiting
• inspuitingstof
• verkoueinspuiting

Vertaling:
Engels: injection; infusion
Nederlands: inspuiting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onversetlik
Volgende onderwerp: oplyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 21:45:10 MGT 2024